Wie is ons

Laat die avontuur begin

Wat is die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is ʼn kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om
as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hul roeping tot diens.

Wat doen die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is ʼn plek waar kinders kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal
kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken,
in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap (wat hulle self gebou het), rigting met
sterre te vind en sommer net laataand om ʼn vuur te kuier?

Hoekom Voortrekkers?

Die storie van die Voortrekkers is een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories wat vir langer as
agt dekades geskryf word. Dit is ’n storie van deursettingsvermoë, van toewyding en opoffering. Dit
is ’n storie van vrywilligers wat in hulle vrye tyd graadwielboeke en handleidings skryf, geboue en
spankamers oprig en kampterreine ontwikkel. Dit is ’n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt
en hard werk. Dit is ’n storie van historiese feeste hou, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is
’n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe. Die
Voortrekkerstorie vertel van innoverende planne, vars denke en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie
van liefde vir ons taal, kultuur, ons kinders, maar bo alles, vir die Here. Ook is dit ’n storie van pret,
kameraadskap en avontuur. Dit is ’n storie wat vandag steeds geskryf word. Die Voortrekkerstorie
word deur dienende liefde geskryf

Hoekom Sweeplag Staatmakers?

Sweepslag is ʼn Staatmakergroep van Die Voortrekkerbeweging en is aktief in die groter Centurion en
Pretoria/Johannesburg area. Staatmakers is volwasse lede van Die Voortrekkers en vorm ʼn unieke en
selfstandige groep daarin. Die Staatmakergroep is oop vir alle jongmense wat waarde en prioriteit
heg aan hul Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap!
Ons het ʼn jaarprogram waarop al ons verskillende aktiwiteite soos kamp, Venrkenneravonture,
Staptoere en opleiding in verskillende velde, aangedui is. Ons help ook uit by Noordvaal
Voortrekkers se kommandos deur speletjies en aktiwiteite aan te bied.

Kontak Ons

1 + 2 =